Wednesday, November 26, 2008

Fiets vir 'n Kind

Hierdie inskrywing is nie my eie werk nie, ek publiseer dit bloot hier omdat ek hierdie venture ten volle ondersteun en will deelwees daarvan.



“Cycle it around the country and grasp life by the handlebars”
– Unknown -




Wat is lekkerder as om vir iemand iets te gee???

NIKS NIE!!!!



Vriend E se storie van die fiets op sy blog (en Kerneels s'n, gaan lees GROOT asseblief) . Dit is ‘n fantastiese inskrywing) het Spit it Out ‘n brain wave gegee, en sover het die brain wave soos ‘n veldbrand versprei. ‘n Paar van ons Litnet bloggers het dit goed gedink om uit te reik na kinders oor die feesseisoen… In die vorm van fietse.

Spit it Out, Biker dinge, Vriend E, Zeppie, Lo-Ammi, Ousus en Kerneels.

‘n Nie blogger, maar huge fan van Litnet se blogs, Nella, gaan saam met Lo-Ammi span om die Kaap gebied te target.

Elke kind moet die voorreg hê om ‘n fiets te ry. Sy EIE fiets.

Fietsry leer ons so baie van die lewe. As jy val, moet jy opklim en weer probeer. Net soos in die lewe. Maar ons kan nie vir kinders dit leer, as hulle nie weet hoe om fiets te ry nie. As hulle nie die ervaring beleef het van om te val nie.

Ons wil kyk of ons soveel as moontlik fietse kan bymekaar kry om uit te deel aan sulke kinders.
Baie van ons het iewers ‘n fiets wat net lê en niks doen nie. Kinders wat uit die huis is, maar die fiets het agter gebly. Kinders wat nuwe fietse kry. Dieëte wat fietsry insluit, maar net nooit gewerk het nie.

Ons soek daai fietse.

Ons sal reël vir vervoer om om te kom om fietse te kom optel waar nodig. Al wat jy moet doen is om daai fiets uit die motorhuis te haal en ons te laat weet om te kom haal.

Ons sal sorg vir die res.

As jy nie ‘n fiets het nie, maar dalk ‘n speelding of twee wat lê en vergaan in ‘n kas, dit is ook welkom. Soveel kinders sal die Kersseisoen deurgaan sonder ‘n geskenk. En alhoewel ons weet die Kerstyd is nie daar vir geskenke ontvang nie, maar eerder oor gee, is dit juis wat ons wil doen. Ons wil gee vir die wat nie het nie. Sodat almal kan deel in die vreugde van liefde…
Indien jy wil betrokke raak, of iets het om te skenk, skree vir een van ons.

-- Spit it Out (Pretoria area)
-- Zeppie (Pretoria area)
-- Biker Dinge (Johannesburg area)
-- Lou-Ammi (Kaap area)
-- Ousus (Bloemfontein)
-- Kerneels (Vaal Driehoek/Johannesburg area)

-- Nella (non blogger) (Ook Kaap area)

Ons soek mense wat die projek wil aanvat en dryf in alle areas. So, as daar enigiemand buite die areas is wat wil betrokke raak, laat weet ons. Hoe meer siele, hoe meer vreugde.

Copy en paste na jul blogs toe, na mail toe en stuur aan vriende, familie, kollegas...ALMAL

‘n Aansporing: Zeppie se seun, en Biker dinge se dogter, het albei hul fietse alreeds geskenk. As kinders dit kan doen, wat kan ons grootmense nie ook doen nie.

Stuur ‘n epos na fietse@mtnloaded.co.za, en ons tref reelings van daar af.

8 comments:

Anonymous said...

Wow, maar julle wikkel daarso. Ek staan vandag vas in die werkswinkel met 'n dringende stuk werk, maar sal oor die naweek begin dinge ko-ordineer. Ko-ordinasie is in elke geval mos maar moeiliker vir ons hierso onder, maar ek sal vir my 'n paar afgetrede ooms uit die transvaal kry aan wie ek kan delegeer. Of miskien het die gauties net meer fietse in onbruik as ons...

Anonymous said...

Ek is nou weer moerse uit my beurt uit, maar gaan kyk hierdie posting:


http://litnetblogs.24.com/ViewBlog.aspx?blogid=8374af76-9ab6-46e6-9151-869e39d3eebb

Een ding wat ek nie gister vir jou in my message geskryf het nie, maar wat ek uit ondervinding gesien het is dat dit nie altyd maklik is met aanneemkinders nie - veral nie die wat al groterig is nie. Hulle is komplekse mensies. Veral die seuns.

Anonymous said...

Sorry, sien toe te laat eers jy was al daarso.

XonixZA said...

Hey almal, ons het twee tweedehandse fietse opgespoor in die Oos-Kaap-Port Elizabeth - dalk iemand wat kan help om dit op te tel? Kontak my of Lo-Ammi seblief baie dringend! Baie dankie! Vriend-E.

Anonymous said...

Hey, E

Ek sal vir Iegiebieg en vir Bobbejaan sommer direk vra, maar sal sommer ook op my blog en op Sênet skryf daaroor. Sênet sin sal dalk eers namiddag of Maandag op wees, maar sal vir Melt vra om dit in te druk vroeër.

Die kugels wil my al met hulle handsakstrappe wurg oor hulle kandelare en stuff wat nie klaarkom nie.

Great idee van die Facebookgroep.

XonixZA said...

Hahaha! Baie dankie, Lo-Ammi!

Anonymous said...

Let net daarop dat jou Facebook profiel 'n oop ene is en dat jou identiteit blootgestel word met die groep (ek het klaar geloer, lol - oulik).

Ek het my hele friends lys genooi om te join en Spit sal seker ook.

XonixZA said...

Dankie vir die Heads-up, Lo-Ammi - ek het sommer al op FB ge-antwoord. Ek glo darem nie ek het enige iets om weg te steek in terme van my identiteit nie... Well, ek hoop nie so nie!

Grin

E