Wednesday, July 29, 2009

Dag 6 en 7

O ja, still going strong. Ek gaan nou nie meer elke dag blog op hierdie onderwerp nie - dit raak afgesaag - sal net so elke nou en dan 'n update kom gee.

So: Vir hierdie twee dae: (Bearing in mind vandag is nog nie heeltemal verby nie...)

- - Finansies: Uitgawes: R0. Besparing: R60. Bottom Line: (R820)

- - Aantal sigarette vandag en gister gerook: 0.

Dankie weer eens vir al die ondersteuning - dit help! Sal julle op hoogte hou.

Tot volgende keer. . .

Monday, July 27, 2009

Dag 5

DAG 5: Maandag, 27 Julie 2009

Still going strong.

- - Finansies: Uitgawes: R0. Besparing: R30. Bottom Line: (R880)

- - Aantal sigarette vandag gerook: 0.

Sunday, July 26, 2009

Dag 4

DAG 4: Sondag, 26 Julie 2009

Ek is nog steeds preggies. Darem nie heeltemal so erg soos gister nie, maar daar is nou nuwe simptome. Soos om die heel ONGEHOORDE ding te doen soos om al daai klein takies in en om die huis te doen waarvoor ek nooit tyd-maak nie. Goed in die lapa ophang. Swembad spring-clean. Bokse in die ZOZO-hut pak. Knoppe aan 'n ou laaikas vervang ens. ens. ens. Kompleet asof ek nes-skop. Who knows, miskien kry ek een van die dae 'n non-smoking liefde in my lewe. (Net die gedagte daaraan laat my sommer weer begin rook!!)

- - Finansies: Uitgawes: R0. Besparing: R30. Bottom Line: (R910)

- - Aantal sigarette vandag gerook: 0.

O ja: Vriend-C het vanaand vir my iets opgeklaar: Daai druppeltjies waarmee jy self jou cartridges vervang is veronderstel om net vir EEN 'rook-sessie' (sigaret) te hou - nie genoeg vir 'n pakkie soos die wat jy los te koop kry nie! Nou moet mens net uitwerk hoeveel druppels jy optimaal moet ingooi om die gevoel van een sigaret te kry sonder dat jy elke paar dae R200 op 'n botteltjie re-fill moet gaan spandeer. Want daar is maar net 10ml in die botteltjie - nie seker hoeveel druppels daarin is nie. Ek dink dis iets wat die verkopers van E-Cigarettes bietjie duideliker moet behoort te stel!!

Tot more...

Dag 3

DAG 3: Saterdag, 25 Julie 2009

Wetenskaplike feit (so pas ontdek en ek is seker my naam sal in die anale van die mediese geskiedenis opgeteken word):

OPHOU ROOK MAAK MENS PREGNANT.

Want pregnant vroumense eet mos al die tyd? Well, vandag kon ek nie ophou snack nie. Omtrent 'n hele pakkie peanuts en raisins deurgedraf, die peanutbutter-bottel is nou onder die kwart-merk (skuus C, maar dit was sommer so met die lepel) en ek is steeds bevange met die groot lus vir iets te ete.

Steeds bietjie onseker oor die REFILL cartridges - ek het ene sy 3 druppels gegee, maar die ding het slegs 'n paar teue gegee, nou is hy leeg. Het iemand raad oor hoe mens ordentlike vapour kry uit die re-fill tipe?

- - Finansies: Uitgawes: R0. Besparing: R30 (want ek het mos nie ‘n pakkie sigarette gekoop nie). Bottom Line: (R940)

- - Aantal sigarette vandag gerook: 0. GREAT!

Tot more (terug op kantoor)...

Friday, July 24, 2009

Dag 2

DAG 2: 24 Julie 2009

Vandag was nie great (in alle opsigte) nie, ook nie sleg nie. Die goeie nuus, ek het niks gerook nie (sigarette). Die slegte nuus, hier iewers deur die loop van die oggend was ek baie naby aan 'n sigaret bedel by 'n kollega. Maar ek het nie.

Ek kan agterkom dat my humeur so ietwat korter is as gewoonlik (ek het selfs nou-nou met die DSTV geraas toe ek per ongeluk die verkeerde knoppie op die remote gedruk het en die ding begin re-boot het. Net toe 7de Laan moes begin.)

Dit was asof ek vanoggend gesukkel het om my nikotien-vlak op aanvaarbare hoogtes te kry met die E-Cigarette. Maar ek moet ook beklemtoon dat ek in geen stadium ge-crave het nie. Ek dink alles is kind of onder beheer. Kom ons kyk hoe verloop die naweek.

Terloops, die cartridges wat mens in die starter-pack kry hou gladnie so lank soos een pakkie sigarette nie! So ek is bly ek het belê in die botteltjie vog wat ek deur die loop van die naweek sal moet begin gebruik.

- - Finansies: Uitgawes: R0. Besparing: R30 (want ek het mos nie ‘n pakkie sigarette gekoop nie). Bottom Line: (R970)

- - Aantal sigarette gerook: 0.0. GREAT!

Tot more!

Thursday, July 23, 2009

Ophou Rook

Inleiding:

Dis die vierde keer in my lewe dat ek die groot QUIT SMOKING ding gaan probeer. Eerste keer was met ’n Nicotien-something-pleistertjie op die boud. Het goed gegaan, sewe lange maande totdat ek besluit het dat ek maar EEN TREKKIE kan vat. Back to square one. Tweede keer, Nicorette kougom. Het my arme mond stukkend en my kakebeen lam gekou, dit het so vir 3 maande (wat gevoel het soos 3 jaar) gehou. Tot weer daai een enkele trek. Derde keer, Nicorette-sproei. Kannie onthou vir hoe lank dit gewerk het nie, maar ek rook al weer.

Hierdie keer het ek die groot uitgawe van E-Cigarettes aangedurf. Met mense gepraat, op YouTube gaan inloer, research gedoen, en gister toe maar die goed gaan koop. Ek gaan op hierdie blog ’n lopende verslag byhou van hoe dit gaan. Ek het alle ondersteuning nodig, so loer seblief gereeld in en lewer kommentaar.

My benadering is heel eenvoudig: Ek gee geld uit, want dit raak aan mens se sak en die bottom line. So ek gaan die finansiële posisie hier deurgee en probeer om aan die einde van die dag te bewys dat hierdie groot uitgawe die moeite werd was.

My finansiële analise: Ek gaan elke dag kommentaar lewer op wat my uitgawes (in terme van rook) is, en dit vergelyk met wat ek sou uitgegee het indien ek nog op die Camel Lights was (een pakkie per dag) – teen die algemene prys van ons winkeltjie by die werk, teen R30-00 per pakkie.

Elke dag (as ek tyd het) so ’n bietjie algemene kommentaar, sal dit kort hou.

So here we go...

DAG 0: 22 Julie 2009

- - Finansies: Uitgawes: Volledige E-Cigarette Starter Kit met ekstra re-fills en seksie houertjie – R1000. Een pakkie sigarette: R30. Bottom Line: (R1030) (die hakkies beteken dis in die rooi)

- - Aantal sigarette gerook: Irrelevant

- - Kommentaar: Het vandag alles gaan koop wat nodig is, maar kan dit nog nie gebruik nie, want die batterye moet eers 8 ure elk laai. Ek rook daai laaste pakkie Camels dat die spoeg spat, maar daar gaan darem so ’n paar oorbly vir tye van nood vorentoe. Slaap sleg, loer elke paar minute na die chargertjie langs die bed se rooi liggie. Raak 3-AM wakker, en vat die eerste trek van die E-gevaarte. Snaakse smaak, maar kry darem die Nikotien-gevoel.

DAG 1: 23 Julie 2009

- - Finansies: Uitgawes: R0. Besparing: R30 (want ek het mos nie ‘n pakkie sigarette gekoop nie). Bottom Line: (R1000)

- - Aantal sigarette gerook: 0.5 (toe ek by die huis kom en die halwe ene in die asbakkie in die garage sien).

- - Kommentaar: Is nogals weird en die klomp by die werk kom nog niks agter nie. Ek is bekommerd dat die cartridges nie baie lank gaan hou nie. Die starter-pack het net vyf refills in, en hier teen die einde van die dag was die eerste ene bykans leeg. Ek ’rook’ steeds buite saam met die ander rokers. Crave geensins nie, want ten minste voel en lyk die E-Cigarette soos ‘n regte sigaret.