Thursday, July 23, 2009

Ophou Rook

Inleiding:

Dis die vierde keer in my lewe dat ek die groot QUIT SMOKING ding gaan probeer. Eerste keer was met ’n Nicotien-something-pleistertjie op die boud. Het goed gegaan, sewe lange maande totdat ek besluit het dat ek maar EEN TREKKIE kan vat. Back to square one. Tweede keer, Nicorette kougom. Het my arme mond stukkend en my kakebeen lam gekou, dit het so vir 3 maande (wat gevoel het soos 3 jaar) gehou. Tot weer daai een enkele trek. Derde keer, Nicorette-sproei. Kannie onthou vir hoe lank dit gewerk het nie, maar ek rook al weer.

Hierdie keer het ek die groot uitgawe van E-Cigarettes aangedurf. Met mense gepraat, op YouTube gaan inloer, research gedoen, en gister toe maar die goed gaan koop. Ek gaan op hierdie blog ’n lopende verslag byhou van hoe dit gaan. Ek het alle ondersteuning nodig, so loer seblief gereeld in en lewer kommentaar.

My benadering is heel eenvoudig: Ek gee geld uit, want dit raak aan mens se sak en die bottom line. So ek gaan die finansiële posisie hier deurgee en probeer om aan die einde van die dag te bewys dat hierdie groot uitgawe die moeite werd was.

My finansiële analise: Ek gaan elke dag kommentaar lewer op wat my uitgawes (in terme van rook) is, en dit vergelyk met wat ek sou uitgegee het indien ek nog op die Camel Lights was (een pakkie per dag) – teen die algemene prys van ons winkeltjie by die werk, teen R30-00 per pakkie.

Elke dag (as ek tyd het) so ’n bietjie algemene kommentaar, sal dit kort hou.

So here we go...

DAG 0: 22 Julie 2009

- - Finansies: Uitgawes: Volledige E-Cigarette Starter Kit met ekstra re-fills en seksie houertjie – R1000. Een pakkie sigarette: R30. Bottom Line: (R1030) (die hakkies beteken dis in die rooi)

- - Aantal sigarette gerook: Irrelevant

- - Kommentaar: Het vandag alles gaan koop wat nodig is, maar kan dit nog nie gebruik nie, want die batterye moet eers 8 ure elk laai. Ek rook daai laaste pakkie Camels dat die spoeg spat, maar daar gaan darem so ’n paar oorbly vir tye van nood vorentoe. Slaap sleg, loer elke paar minute na die chargertjie langs die bed se rooi liggie. Raak 3-AM wakker, en vat die eerste trek van die E-gevaarte. Snaakse smaak, maar kry darem die Nikotien-gevoel.

DAG 1: 23 Julie 2009

- - Finansies: Uitgawes: R0. Besparing: R30 (want ek het mos nie ‘n pakkie sigarette gekoop nie). Bottom Line: (R1000)

- - Aantal sigarette gerook: 0.5 (toe ek by die huis kom en die halwe ene in die asbakkie in die garage sien).

- - Kommentaar: Is nogals weird en die klomp by die werk kom nog niks agter nie. Ek is bekommerd dat die cartridges nie baie lank gaan hou nie. Die starter-pack het net vyf refills in, en hier teen die einde van die dag was die eerste ene bykans leeg. Ek ’rook’ steeds buite saam met die ander rokers. Crave geensins nie, want ten minste voel en lyk die E-Cigarette soos ‘n regte sigaret.

4 comments:

igno said...

This post is smoking.....

Sterkte !

Kerneels said...

En net vandag lees ek dat die e-siggie een of ander bestandeel bevat wat in karre se anti-freeze voorkom...
Moet nog net iets kry vir overheating... hehe
Sterkte. Hoop dit werk die keer.

Igno said...

ah wel dis goeie nuus Kerneels - want dan kan vriend E mos maar buite staan en sy e sigaret rook - sy longe en alle ander belangrike elemente sl dus nie kan vries nie !

XonixZA said...

Ja ja ja! Gaan nog goed, sal later deur die dag gou 'n update doen hier...