Friday, July 24, 2009

Dag 2

DAG 2: 24 Julie 2009

Vandag was nie great (in alle opsigte) nie, ook nie sleg nie. Die goeie nuus, ek het niks gerook nie (sigarette). Die slegte nuus, hier iewers deur die loop van die oggend was ek baie naby aan 'n sigaret bedel by 'n kollega. Maar ek het nie.

Ek kan agterkom dat my humeur so ietwat korter is as gewoonlik (ek het selfs nou-nou met die DSTV geraas toe ek per ongeluk die verkeerde knoppie op die remote gedruk het en die ding begin re-boot het. Net toe 7de Laan moes begin.)

Dit was asof ek vanoggend gesukkel het om my nikotien-vlak op aanvaarbare hoogtes te kry met die E-Cigarette. Maar ek moet ook beklemtoon dat ek in geen stadium ge-crave het nie. Ek dink alles is kind of onder beheer. Kom ons kyk hoe verloop die naweek.

Terloops, die cartridges wat mens in die starter-pack kry hou gladnie so lank soos een pakkie sigarette nie! So ek is bly ek het belĂȘ in die botteltjie vog wat ek deur die loop van die naweek sal moet begin gebruik.

- - Finansies: Uitgawes: R0. Besparing: R30 (want ek het mos nie ‘n pakkie sigarette gekoop nie). Bottom Line: (R970)

- - Aantal sigarette gerook: 0.0. GREAT!

Tot more!

1 comment:

igno said...

mmmmm humeur bietjie korter... ek sal maar 'n veilige afstand hou !