Friday, June 5, 2009

Yebo Gogo

‘n Hele klompie verskillende insidente het aanleiding gegee tot hierdie blog. ‘n Laat-aand program op Radio-702 oor die rol wat huishulpe in die lewens van sommige van hulle luisteraars gespeel het, my eie terug-dinkery aan my ‘jong dae’ (hahaha) en sommer so ‘n paar blogs wat ek hier en daar gelees het. So die onderwerp gaan vanaand oor huishulpe.

Ek krap nou die dag daar in so ‘n houertjie in my bedkassie, en kom op ‘n blikkie groen Biko-salf af. En daar sit my gedagtes op loop na myself as klein seuntjie. Onthou, ek is gebore in die jare sestigs, die dae toe apartheid en die gepaardgaande diskriminsasie teen anderskleuriges nog hooggety gevier het in ons land, en veral op die plattelandse dorp waar ek grootgeword het.

Ek kan nie onthou presies wanneer Rosie (uitgespreek soos die Engelse Roos-blom se Afrikaanse verkleinwoordjie) by ons begin werk het en hoe oud sy alreeds daai jare was nie. Maar sy was maar oud vandat ek kan onthou. Op ‘n stadium toe ek seker so 3 of 4 jaar oud was, het Pa-G uiteindelik ingestem dat Ma-E so eenkeer ‘n week ‘n huishulp mog kry. Daardie tyd natuurlik nie ‘n huishulp genoem nie (verstaanbaar) – maar ek glo in die trant van die veranderde tye, so ek sal maar polities korrek gesels.

Pa-G het sekere onverbiddelike reëls as voorwaardes voorgehou, en seker maar aanvaarbaar vir daai politieke klimaat. Rosie moet haar eie (duidelik gemerkte) beker, bord, mes en vurk hê wat in die agterstoep se kas gebêre word. Sy mag nie vir haarself kos maak nie, Ma-E sal vir haar iets gee om te eet. Sy moet die buite-toilet gebruik, daar mag nie geld in die huis rondlê wat sy dalk kan vat nie, ens. ens. ens.

Rosie was nie geletterd nie, en kon dus nie lees of skryf nie. Maar ek glo dat sy ‘n eie-wêreldse en onuitputbare bron van kennis gehad het. Sy het nooit ophou praat nie. As daar niemand in die nabyheid was nie, dan sommer so met haarself. En vir my en Suster-T was sy maar altyd ou Rosie gewees wat ons altyd met deernis soos haar eie kinders behandel het.

Toe ek seker so sewe or agt jaar oud was, probeer ek een Sondag-middag by my neef-hulle op ons buurdorp my talent op ‘n skate-bord op die proef stel. En ek verloor op ‘n afdraand my staan op die verdomde ding en val my knieë albei totaal nerf-af. As ek net bietjie ouer was en ‘n vloekwoord of twee geken het, sou ek hulle opsluit almal gebruik het. Maar ek was ‘n soet laaitie en het nie gevloek nie, net in trane by Ma-E gaan simpatie soek.

In die komende dae het Ma met al wat room en salf en boere-raad was probeer om my knieë gesond te kry. Dis ‘n pleister hier en ‘n treksel daar. Maar net sodra die rowe mooi vatkans beginne kry, dan val ek weer en dis van vooraf ‘n bloedspul en ‘n gekerm wanneer Ma-E moet verbind en die seer probeer wegkry.

Tot Rosie weer so ‘n week of later kom werk en sien dat ek nie sonder behoorlike hulp gaan regkom nie. En sy belowe dat sy sommer die volgende dag (al moes sy nie kom werk het nie) iets gaan bring. So gesê, so gedaan. En net die volgende dag kom sy daar aan met ‘n blikkie Felafom-poeier en ‘n blikke Biko-salf. Verduidelik dat dit iets is wat net in die townships gekoop kan word. Ma-E, heel skepties, maar teen hierdie tyd desperaat, meng die poeier en die salf en smeer maar aan. En dit was net ‘n dag of twee later, en die rowe het gevat en my knieë was gesond. Van daardie dag af was Felafom-poeier en Biko-salf twee onmisbare items in ons huis se badkamer-kassie. En die blikkie in my bedkassie is na al die jare steeds op bystand vir wat-ook-al wanneer ook al nodig. Nog net so potent soos daai tyd. G’n iets soos ’n vervaldatum nie!

Rosie het soos die jare verbygegaan het, al minder en minder kom werk. Haar gesondheid en die harde lewe in die townships moes haar op ‘n stadium ingehaal het, en sy is weg na haar Huis toe, net soos sy altyd vir ons vertel het sy sou gaan.

Na Rosie, het Eunice by ons kom werk. Statig, netjies, deeglik en stil. (Na Rosie is enige mens stil). Vir Eunice was my pa maar altyd Baas, en ek was Kleinbaas. Die dag toe my Pa sy kop vir die laaste keer neerlê, het Eunice soos ‘n kind gehuil. En dit was op die dag van my pa se begrafnis, wat Eunice my vir die eerste keer ‘Baas’ begin noem het. Ek het nog probeer verduidelik dat daai dae vergete al verby is, maar sy wou niks weet nie. Vir haar is ek nou nie meer ‘n kind nie, en moet ek nou my pa se skoene volstaan. En die respek wat Eunice my daardeur bewys het, sal ek altyd duisende male aan haar terug-bewys, gegewe die geleentheid.

Eunice werk vandag nog vir Ma-E. Steeds eenmaal per week. En wanneer ek gaan kuier is sy tog so bly as sy my klere ook kan was en stryk met dieselfde deernis wat sy dit gedoen het toe ek nog in die huis was.

So het die tyd verbygegaan en ek het naderhand Gauteng toe getrek. Eerste huis gekoop, en Mirriam kom so nou en dan vir my en Handbriek-1 werk. En later word Mirriam swanger. Haar man is in Pietersburg, en toe die tyd daar is vir die baba, gaan Mirriam hier na die plaaslike staats-hospitaal toe vir die bevalling. Ek het al amper van haar vergeet, toe my telefoon eendag by die werk lui. “Dis Mirriam, jy moet my nou by die hospitaal kom haal!” Geen keuse nie, ek klim in my bakkie en sit af Ontdekkers-hospitaal toe. Stap die trappe op kraamsaal toe, en daar staan Mirriam gereed. Kind op die arm, klere-koffer langs haar. Ek moes maar die tas optel en saam met haar uitloop bakkie toe. Die skewe kyke wat ek daai dag van menigte vreemdelinge se kant af gekry het, sal ek nog vir baie lank onthou, want dit was pre-1994.

So koop ek op ‘n stadium die huis waar ek nou bly, en daar is toe ‘n huishulp en dié se man wat nog sedert die vorige eienaars in die buite-kwartiere aanbly. En ons bereik toe die ooreenkoms dat sy een dag per week in die huis gaan werk vir haar kamer, saans die kombuis opruim en haar man sou een dag per week in die tuin werk. Vir sy deel van die buitekamer.

Ek kan nie hierdie huishulp se naam meer onthou nie, want sy en die man was nie baie lank hier nie. Maar kom ons noem haar sommer Josefien. Sy was nie meer ‘n kind nie, seker so in haar laat-50s. En ek was maar skrikkerig vir haar, want sy het gesê presies wat sy wou, en sy was ook maar nooit tevrede met niks sedert die vorige huis-eienaars hier fort is Kaap toe nie. Maar die volgende gebeurtenis met ou Josefien sal my seker tot die dag van my dood toe bybly:

Daai tyd was ek en Handbriek-2 nog verlore in die groot liefde – ek het immers die huis gekoop sodat ons saam hier aan ons toekoms kon begin werk. (Foutjie, maar dis nie nou se storie nie.)

In alle geval, een vroeg-aand is ons maar almal hier by die huis rond – ek, Handbriek-2 en Josefien. Handbriek-2 aan die een kant van die huis in die studeerkamer, ek heel aan die ander kant in die kamer, en Paulina iewers in die middel in die kombuis, besig met die aand se skottelgoed.

Ek bel toe vir Handbriek-2 op haar selfoon en sê vir haar sy moet vinnig kamer toe kom om gou na iets te kom kyk. En ek kruip agter die kamerdeur weg om haar skrik te maak.

Ook net sekondes later, toe hoor ek die mat-gedempte voetstappe in die gang afkom, reguit na die kamer se kant toe. En toe Handbriek-2 so reg in die deur is, toe spring ek met ‘n verwoede “WHAAAA“ agter die deur uit en gryp haar om die middel. Sy spring reg-afteroor van skok en ek val heel ander kant toe van my eie skrik, want dis toe nooit Handbriek-2 nie. Dis Josefien. Sy’s skoon blank geskrik en ek kan vrek van skaamte. En Handbriek-2 kom daar in en dié lag haarself buite weste. En net daar vervies Josefien haar opsluit vir ons lawwe-geite en kondig twee dae later aan dat sy teruggaan na haar mense in Mafeking toe. Ek kan nie eerlik sê dat ek haar ooit gemis het nie.... (Ek het haar en haar man darem Mafeking toe gevat met my rooi BMW en die Venter agterna wat gepak was soos nooit tevore nie. Enige iets van ‘n boekrak tot 30 wasskottels, ‘n matras en ‘n ou fiets of twee. Ek het my amper dood geskaam, maar wat kon ek doen? Netnou kla Josefien my aan vir sexual harassment na die groot skrik en die hande om die lyf tydens die ou voorvalletjie as ek haar nie wou wegvat huistoe nie.

Ek kan nog baie stories vertel, maar dit raak laat. Ek hoop jy’t die blog geniet en dat jy saam met my dankbaar is vir die baie klein dingetjies wat ons huishulpe deur die jare deur vir ons gedoen het. Hulle is nederig, werk hard en raak regtig ‘n deel van ons lewens.

Tot die volgende skrik...

Speel…

Pa-G het altyd gesê: “Kinders mag nie die grootmense se tande sit en tel nie.” Dit het veroorsaak, dat wanneer ons die dag mense gekry het, die kinders moes gaan speel. Verkieslik buite. En dis iets wat ons bitter goed kon doen.

Sy ander gereelde sê-ding was: “Ai, die kinders van vandag tog…” Want sien, Pa-hulle se hele generasie het mos in ‘n era grootgeword toe alles nog moeilik was en al die kinders toevallig sewe myl in die winter deur die ryp met kaalvoete en gelapte truie moes skool toe loop. En in hulle dae daar was natuurlik nog nie rekenaars en playstations en TV’s en ander duur speelgoed nie. Hulle moes na afloop van skool met die boerdery help of in die tuin werk. Sonder vergoeding. Want dit was taai om kinders te wees in daai pre-historiese tye. Heel nders as die kinders van vandag.

Anyhow, toe ek destyds met Handbriek-2 getroud is en sy haar drie brokke bedorwenheid tot my andersins rustige bestaan bygevoeg het, het ek so baie aan Pa-G se woorde gedink: “Ai, die kinders van vandag…” Want daar het nie vir hulle iets bestaan soos om buite te speel nie; hulle vermaak naweek-in en naweek-uit was om voor die verdomde TV en PlayStation te sit en stink. Uur na uur, en as hulle nie moes vreet en so nou en dan moes gaan kak nie, het hulle seker nooit van hulle gatte af opgestaan nie.

En dit laat my dink aan hoe lekker ons self as kinders gespeel het. Veral wanneer vriende of familie kom kuier het.

Ek kon net so lekker op my eie speel. Ek was seker so vier of vyf jaar oud, toe my pa vir my een Kersfees so ‘n pragtige rooi trap-trekker gekoop het. Ek het met daai ding gery, ure en ure aanmekaar. Die hele tuin deur. Op en af op die sement-oprit voor die garage se deur. En so nou en dan op die sypaadjie of in die straat wanneer Ma-E nie gekyk het nie. My pa moes op ‘n stadium so ‘n stuk groen hose-pipe oor die trekker se voet-trappers vasmaak, want die goed het my kaal voete permanent nerwe afgeskaaf. En hy’t ook vir my ‘n lekker stuk taai stok gesny en met wit winkeltou aan die stuurwiel vasgemaak vir ‘n rat-hefboom. Ek’t met daai trekker gery en gespin totdat sy plastiek-wiele heeltemal deur was; toe het Pa dit vervang met ons ou baba-pram se wiele. En dié wiele kan seker vandag nog ry. Ek’s seker daai rooi trekker met die hose-pipe trappers en die rathefboom is vandag nog in Ma se huis se kelder. Ek moet bietjie gaan kyk as ek weer eendag daar gaan kuier.

As klein seuntjie het ek geweldig baie model-karretjies (matchbox toys) gehad. Wanneer ek klaar daarmee gespeel het, is elke karretjie sorgvuldig skoongemaak en mooi in sy boksie gebêre vir die volgende speel-sessie. Toe my neef-F gebore is, het my ma-hulle al my karretjies vir hom gegee. My hart is vandag nog seer daaroor.

Baie naweke is ons na Tannie-L en Oom-Japie-hulle se Karoo-plaas toe. Daar het so baie dinge op die plaas gebeur, dit regverdig ‘n eie blog op ‘n later stadium. Maar, een betrokke keer, het ek vir vyftig sent (wat ek eers na BAIE beloftes by Pa gekry het) by een van die ‘koediens’ op die plaas ‘n draad-kar gekoop. Sjoe, ek het met daai draadkar gespeel! Op ‘n stadium het ek dae aaneen spandeer om hom met elektriese draad (die rooi, blou en groen gekleurde tipes) oor te trek. En toe het daai kar darem vir jou spoggerig gelyk en eers vinnig gery! Wonder soms wat van hom geword het. Seker vir een van my niggies of nefies of tefies gegee.

Suster-T het op ‘n stadium ‘n meisie-maatjie gehad, en hulle het altyd in Suster-T se kamer popgespeel. En aangesien ek maar toe nog maar klein was en jonger as die meisiekinders, het ek eendag daarop aangedring om saam met hulle te gaan speel. Totdat my pa daarvan uitgevind het en my pop-spelery vir altyd en ewig (amen) met ‘n brandende gat verban het.

Neef-S se ma, Tannie-H, en Pa-G, was broer en suster. So nou en dan, veral gedurende vakansie-tye, het Neef-S partymaal sommer so vir die hele naweek by ons kom kuier. En mense, kon ons speel! My ma-hulle het ‘n baie groot agterplaas gehad, met drie terrasse van die huis af tot onder by die agterste heining. Alles bedek met gras en blombeddings. En ek en Neef-S het in daai agterplaas gespeel van vroeg-more af, een strook deur totdat die muskiete ons vroeg-aand in die huis ingejaag het. As ek moes tel hoeveel treine ons darem daar opgeblaas het!! Ons het met Ma se tuinslang treinspore gebou, dekking geslaan en geduldig gelê en wag vir die trein om verby te kruie. Dan het ons die dinamiet en bomme laat ontplof en die denkbeeldige yster-monster met ewe onsigbare handgranate gelooi, en binne minute met geskreeu en war-cries totale beheer van die trein oorgeneem. Dit was nooit maklik nie, want die treine in daai dae was erg beskerm teen boewe-van-die-nag soos ons, deur swaar gewapende magte en hulle futuristiese wapens. Maar ek en Neef-S het altyd as oorwinnaars uit die stryd getree.

Ons het altyd Pa-G se Kombi se groot groen seil gevat, dit oor die wasgoed-lyn gehang en die kante met komerse en wasgoedpennetjies toegemaak. Dit was ons grot, basis, of den. Ons het eindelose ure daar deurgebring om ons volgende aanvalle en strategie te beplan, en om die plek te beveilig teen die wilde diere en rowers wat ons altyd daar wou uitoorlê.

Saans, in die huis, het ons altyd movies probeer maak. Dit was nog voor die dae van videos en TV. Ons het Pa-G se rooi flitslig en sy vergrootglas uit sy bedkassie gaan ontvoer en dan ure lank probeer om my View-Master se prentjies teen die wit kamer-muur te vertoon. Keer op keer het ons gefaal, aand na aand het ons maar net weer probeer. En telkemale het Pa-G gemoan oor sy flitslig se batterye wat alweer sonder rede pap was.

Ma-E se ouer suster, Tannie-D-hulle, het in Port Elizabeth gebly. Dit was baie ver van ons af in daai dae – seker so in die orde van 30 km. So ons het nie juis baie soontoe gegaan nie want Pa-G was nie lief daarvoor om op die familie se nekke te gaan lê nie. Wanneer ons wel soontoe gegaan het, het ek en Suster-T altyd gehoop dat dit lekker weer in die Baai sou wees, want dan kon ons swem. Sien, Tannie-D-hulle het ‘n lekker groot swembad gehad. Hulle groot huis in Westering het ook ‘n stort ingehad. Iets totaal ongehoords vir ons Uitenhagers.

Wanneer Tannie-D en Oom-M-hulle by ons kom kuier het, was dit ook altyd lekker. Hulle het twee seuns gehad, my neefs. Dié was so ‘n klompie jaar ouer as ek en Suster-T, en ons het dus nie regtig buite gespeel soos met al ons ander jonger neefs en nigs nie. So nou en dan het Neef-A vir ‘n naweek by ons kom oorbly, en dit was altyd groot fun. Soos die keer wat ons van Uitenhage af deur Wide Horizon gery het met die blou Kombi, en eers teen laat-middag op Patensie geland het. (ek glo nie Pa-G het regtig geweet waarnatoe ons op pad was nie… hy het maar net die pad gevolg). En op Patensie het Ma-E nog vir ons ‘n sakkie lemoene gekoop, want almal was tot die dood toe honger na die lang stofpad in die stadige, blou Kombi. Ek is seker dat Oorle-Neef-A vandag nog daai dag sou onthou het as hy nog gelewe het.

Anyhow, as hulle kom kuier het, het die aande gewoonlik ontaard in spookstories. Newe-L en A het op ‘n stadium so ‘n battery speelgoed-skip gehad, met groen en rooi liggies wat kon aan- en afskakel. Net soos ‘n regte skip. En dan, saans, is die kamer se ligte afgeskakel en het hulle ons in die donker bangemaak met die skip se liggies en hulle eindelose spook-stories.

O ja, eenkeer het hulle ‘n ou metaal-tipe flitslig daar aangebring. Sonder batterye. Die twee ouer neefs het dan vooraf die torch oopgeskroef en daarin gepoep. En dan was dit vir hulle groot fun as ek en Suster-T tot ons disgust en onder dwang daaraan moes ruik.

As Oom-W en tannie-L-hulle en hulle ses kinders kom kuier het, was dit ‘n spelery van ‘n heel ander aard. Natuurlik ook buite. Van wegkruipertjie tot Wolf-wolf tot Aan-aan. En ek onthou dat die persoon wat AAN is altyd ge’pick’ moes word met een van die volgende rympies:

“Op die klavier staan ‘n bottel wyn,
Die een wat daaraan drink se asem sal stink,
En uit is jy my kind!”

Of:

“Olke bolke, riebeeck stolke,
Okle bolke knor.
Errie cherry chickary perry
Erry cherry chorts.”


Dan is die hele proses herhaal totdat net een persoon in was, en hy was aan vir wat ook al ons volgende sou speel.

Ander speletjies wat ons van tyd tot tyd tuis gespeel het (en hulle was op een of ander manier seisoenaal – dit het gekom en gegaan soos wat dit by die skool gewild was):

- Ding-bats;
- Albasters;
- Yo-yo’s (My Coca Cola ene was my all-time favourite en kon vreeslik lekker spin;)
- So ‘n speletjie met ‘n rek wat jy om jou bene sit en dan op verskillende manier daarmee spring;
- Jy trek op die sement ‘n sekere blok-patroon en moet dan op ‘n sekere manier daardeur spring ; ek dink ons het dit hop-scotch genoem?
- Tou-spring;
- K-I-N-G spel KING;
- Queenie;
- Jagentjies
- Polisie en Dief (Cowboy and Crooks)
- Tops (die ene met die tou wat jy gooi en jou opponent s’n probeer kloof).

As ons by Oom-J, en tannie-I op Despatch gaan kuier het, het ons altyd wegkruipertjie gespeel. Want hulle het ‘n moerske groot huis gehad, groot tuin en alles, en daar was tonne wegkruip-plek. En ons was by hulle toegelaat om na donker IN die huis te speel. Hulle het so ‘n cute dogter gehad, Dogter-B. Ek het altyd in my tiener-jare gedink sy’s baie oulik, tot ek uitgevind het dat dit nie reg was vir verlangse families se dogters om cute te wees vir bronstige tiener-seuns nie.

Saam met Buurdogters-O en E het ons altyd skool-skool gespeel. Hulle het so twee huise van ons af in die straat gebly en hulle huis het ‘n kelder gehad wat ingerig was as speel-kamer. O ja, ons het ook gereeld daar in die kelder Dokter-dokter gespeel. (Ask no questions, hear no lies).

Buurseun-B het reg langs ons gebly, hoër op in die straat. Hy was so drie jaar ouer as ek, en ons het altyd in vakansies Meccano modelle gebou. My gunsteling was die groot hyskraan wat sowat ‘n meter hoog gestaan het, wat die grootste ding wat mens met my nommer-6 stel kon bou. Buurseun-B het my ook altyd gehelp om ‘n kaskar te bou. Totdat daar eendag ‘n verdagte gebuigte spyker in die Kombi se tyre beland het: Ons gatte het abei gebrand en die kaskar is verban tot die volgende vakansie toe.

Ek en van die ander buurseuns het ook gereeld op die vlakkie agter my ma-hulle se huis gaan rugby-balle rondskop en krieket speel. Dan was al die buurt se manne daar en het ons gespeel tot ons tonge uitgehang het, of todat Ma-E vir my met die stoflap deur die venster gewaai het om te wys dat dit tyd was om huistoe te kom. Voordat Pa-G van die werk af kom.

Op daai selfde vlakkie het ek ook gereeld in vakansie-tye my tuisgemaakte kites gevlieg. Oorlede Oom-G (Buurdogters-O en E se pa) het altyd vir my een van sy groot diepsee-visstokke met baie gut op die groot katrol geleen en my vierkantige kites het gewoonlik die hoogste in die buurt gevlieg daamee.

Hulle het hier in my vroeg-hoërskool-jare so ‘n klein kerkie skuins-after Ma-hulle se huis gebou. Tydens die konstruksie daarvan, het ek en vriend-P eindelose ure met speelgoed-rewolwertjies en crackers daar tussen die konstruksie-werkers verwyl.

In standerd nege en matriek (dit was nog voor die dae van die grade), was ons seuns se gunsteling tydverwyl om direk na afloop van die September-vakansie, wanneer die meisies hulle lang swart kouse moes verruil vir die kort wit bobby-socks, na hulle wit bene te sit en staar en eindeloos daaroor te sit en kwyl. . . .

Sjoe… vandag het ek regtig in die argiewe van my gedagtes gaan rond-krap. My vraag is steeds: Is dit vandag steeds vir ons kinders moontlik en lekker om net kinders te wees? Weet hulle nog wat dit beteken om te speel?

Tot volgende keer….

Thursday, June 4, 2009

Frik’s life

Frik is not currently the happiest chap in the world. Due to the fact that he does not believe in (or accept) back-stabbing and the playing of power games with colleagues and so-called friends, his life has (according to him) spiralled downwards into a professional box where he will ultimately exist until the day that he either dies or get fired.

Here’s Frik’s story. And please feel free to make up your own mind of whether he is entitled to his current emotional opinion or not.

Reader, please note the disclaimer at the end of this post.

Frik, a white, middle-age guy, grew up in a typical English family. He passed all his grades and then successfully applied for a job at a local second-hand car dealer. His employee soon sent him for specialised training, in which he succeeded with flying colours.

Frik worked for this company for a while, and then realised that, in order to achieve something noteworthy in his life, he had to leave the little town where he was stagnating in his comfort zone and go to the big city of Egoli for new opportunities and the potential of career-growth. He applied for the position as a salesman at one of their bigger branches, and was ecstatic when he received his appointment letter just days later.

Frik left his whole life behind when he drove away from his home town. His fiancé, family, friends and comfort zone, all now a part of his past. But he had all confidence in his own ambition to make a success of his new life in the real big world.

Life in the big city was good and Frik was soon accepted in new communities, both from a personal and work perspective. He made friends and excelled in his job.

But Frik soon realised that he needed more from life and from his career. Due to the poor economic climate at the time, he had way too many hours on hand to sit and think and dream about future growth and his own professional ambitions. So he started reading and studying in his free time on the subject of aviation, and more specifically, Air Traffic Control, for which he had a passion as long as he could remember. Frik spent hours on his newly-discovered hobby. He read a lot, bought simulation software and engaged all his free time in the exciting world of aircraft and the controlling thereof.

And then, a huge breakthrough in his life happened. Through a friend, Frik came to hear of a newly created position at Egoli’s main International airport as a Junior Ground Controller. He immediately applied for the position and was successful. This change in career was a huge decision for him. After all, he grew up in a world where you should remain loyal to a single organisation for life. You don’t job-hunt. You don’t maintain your marketability and you don’t even have a C.V. You slowly ascend the corporate ladder, one small step at a time. But, since Frik knew that his all-life passion for aviation could now become his new life, he saw it through.

His first years at the Egoli Control Centre were earmarked by lots of studies, burning the midnight oil during countless late-night hours stuck behind his books. But Frik’s main ambition in life was to become the best controller ever. He was soon recognised for his efforts. Feedback from pilots under his command and control were always positive and his record impeccably clean. His direct reporting line always had excellent feedback during performance review sessions. And Frik started to climb the ATC-ladder. From Ground controller to Tower. And from Tower to Approach and then to the big leather seat and the impressive radar screens of Egoli Regional Area controller.

Frik was always of the impression that his career-success was based on ongoing hard work, his eagerness to please, his sense of camaraderie and his incredibly high expectations of both himself and his subordinates. He remained fair to all. He thought that his own indulgement in his career and the long hours spent in front of his radar monitors would guarantee him ongoing career success and general satisfaction in life.

Then there came a turning point in his career, which unfortunately happened when Frik was on a month-long course abroad. Two of his direct reports, whom Frik always regarded as colleagues and friends, blatantly undermined him during the planning phases of an organisational restructure, where the objective was for the company to be split up between two separate regional Control centres in the country. These two individuals were in the process of building their own little empire, with absolute no regard for ethics, feelings or human emotions. During these dark days, one of Frik’s loyal friends phoned him with the warning that he had to get back to Egoli very quickly. “There are people here whom are trying to work you out of your position for their own personal gain… You better get back to the office, and get back soon …”

Frik returned to Egoli and although a lot of damage was already done, he retained his original position as Area controller, whilst his ‘friends’ were appointed to head up another regional Control centre.

Frik carried on with his life and career, until another major incident happened. His direct report went on pension and Frik naturally applied for the vacant position. But, regrettably, he did not get it. His age, skin colour and sex were all against him and a politically correct BEE appointment was made.

Not much said about the new person, except that he did not last more than a few months, despite his politically correct approach of lots of words and very little output or disregard for aviation safety. He was asked to resign within months and one of his favourites in the team was appointed in his position. And Frik was moved back into his old Tower-position of so many years ago. With his colleagues not knowing what to say and asking unspoken questions about what the hell was happening…

Frik, although still part of the same group of regional controllers, retracted into his own small, secluded world of total introversion and complete submersion into his job. No communication with colleagues except when asked a direct question. No fun, no jokes, no social engagement. No camaraderie. During subsequent performance appraisal sessions, a professional, nearly sterile atmosphere reigned. No-one could bring anything negative to the table in terms of his work performance. He never had a single near-miss incident filed against him. His work was constantly of higher-than expected quality, but his interaction with those around him was at right at ground-zero levels.

In time, Frik realised that he was in the process of killing himself. The severe lack of hype and satisfaction that he previously obtained from interactions with those around him was creating a bottled-up void inside him, which eventually caused him to be admitted to the sick-bay for stress-related reasons.

Frik then decided to try and turn his life around. In time, he made friends at work once again and was soon re-accepted as part of their close-knit regional group of controllers. Still in his position of Tower-controller.

Years passed, and the team grew from strength to strength. Things were just about like they were before, and Frik accepted the fact that someone else now occupied the Egoli-Radar frequencies and that he was destined to be Tower-for-life.

And then, in typical large organisation fashion, another change on the horizon. Yet another merge and lo and behold, it was with the same team that split from the Egoli-centre some years ago. And the rivals of those days, who since did their own thing and played their own games, were joining forces with the Egoli controller crew once again.

Frik had difficulty accepting this decision and his first instinct was to pack his bags and leave. But where to? Again the issues of colour, race and sex jeopardised any hope in hell of him starting a career elsewhere.

The rivals came back in force. They implemented new structures. Brought people with them. Headed up the Egoli-team. And eventually, without saying anything, got their own back with Frik. Their unsuccessful opportunity to bury Frik away years ago now once again became a potential reality.

The rest of the Egoli Control-centre embraced the new, stronger team. People were promoted left, right and centre. New Tower, Approach and Radar appointments were made. People were impressed with their unexpected career growth and the bright future promised to them.

And Frik? He was left behind manning the Tower frequencies. Again reading the unspoken questions in the eyes of colleagues wondering why he was not even considered for any of the available Approach positions. And they were waiting in anticipation to see what Frik was about to do…

People once again are realising that Frik has changed. Frik has so many questions but no-one to seek answers from. Does he still have a career? Does Egoli Control centre still need him or want him or are they waiting with baited breath for him to leave? Where to? Is this the final result of all the long hours of all the months and years and the life that he spent at the Control centre?

Is this all worth it? Is there life after this? Or should he merely go with the flow and adopt his perceived perception of lack of ethics, honesty and professionalism in the new Control centre management structure? Or should he just go away and silently die?

Frik has no clue whatsoever. Maybe you have?

Disclaimer: The above situation is based on pure fiction. Any perceived relevance to companies, people, places or situations is purely coincidental.

Until next time…

Wednesday, June 3, 2009

7e Laan

Met die SABC wat lyk my een van die dae dieselfde likwidasie-pad as MoneySkills gaan loop weens hulle regstellende manier van geld bestuur, gaan ons geliefde 7e Laan ook seker binnekort van die kassie af wees. Ek sien Paula het alreeds die pad gevat (en daar het ek nog gedink sy gaan eendag my Handbriek nommer 3 wees...). En mens kan hulle ook nie juis kwalik neem nie, want wie gaan nou vir love en charity ure aanmekaar soen en karvoefel en strontpraat sonder vergoeding?

Nie ek nie. En sekerlik ook nie Paulatjie nie. Ons sal haar seersekerlik een van die dae in Series-channel se nuwe 8e Laan soapie sien. Of so iets.

In alle geval, net vir ingeval julle wonder, hier is die storie-lyn van wat presies met 7e Laan gaan gebeur as die SABC nou die dag helemal vou. Net 'n kwessie van tyd, mind you!!

(Let daarop, hierdie is nie my oorspronklike werk nie, ek's nie seker wie dit geskrywe het nie, ek het dit lank lank gelede in 'n epos gekry en net so bietjie ge-edit):

~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*

Altus en Paula word weer die 'IN' couple in die Laan want die twee dom donners besef uiteindelik hulle verdien mekaar. Sy bedank as die Sosiale, Mode, Skoonheids & Letterkunde Redaktrise by die Hillside Times en koop Laura Lee se besigheid oor weens die feit dat sy meer tyd daar spandeer as by haar eie bliksemse werk.

Isabelle crack en maak Neville se 9 mill leeg op Ryno, wie al jare gelede sy vervaldatum bereik het. Hy was die definisie van BAD LUCK. Elke vrou met wie hy betrokke was, het of die pad gevat, hulle 'marbles' verloor of gesterf weens een of ander ongeneesbare siekte. Neville word in die Hillside polisie-selle opgesluit oorlat hy sy pistool laat rondlê het en vrek aan Aids in die tronk nadat hy deur een van die inmates gerape is.

Felicity se winkel brand af want Emma het die 'heater' aan vergeet.

Dit is nie eintlik 'n groot verlies vir Hillside nie want niemand koop eintlik Felicity se kak nie. Jaar vir jaar stel sy 'n nuwe reeks bekend, maar die vorige reeks staan nog almal op die rakke in die 'marked down section'. Sy werk nou as 'n temp by Brakpan se PEP-stores.

Tydens die Boerewors Championship tref Checkers se aflewerings-trok vir Oubaas met 'n stink spoed. Hilda bedien soos gewoonlik dadelvingers by die begrafnis waarvan Emma en Vanessa eet. 2 dae later vrek albei van voedselvergiftiging. Hilda verkoop die woonstel en trek by die Hillside ouetehuis in.

Na maande lange hartseer, besef sy sy't eintlik die 'HOT'S' vir Matrone. Toe Nurse Nortje dit uitvind, spring sy self met die spoed van wit lig uit die kas uit, en Hilda en Matrone word Hillside se 1ste Lesbiese getroude couple.

Madel keer terug na Hillside. Sy fire Charmaine by Oppikoffie. Sy koop die sukkelende besigheid oor by Oom Francois en begin weer van voor af.

Siende dat haar ou huis nou aan Isabelle behoort, koop sy Hilda se woonstel en word ook die nuwe opsigter by die Heights.

Mandla kan nie meer onder die druk as 'n joernalis werk nie, veral nou dat hy 'n wit manager het. Hy begin TIK aan die skoolkinders in die Laan verkoop. Diederik en Marko word gereelde customers en word nie te lank daarna nie dood in die arkade gevind.

Tiaan kom kuier in die Laan en maak uiteindelik vrede met sy ma. Hy slaap op die bank in haar flat tot hy weer sy eie voete vind. Sy offer hom 'n werk as 'n kelner by Oppikoffie. Hy ontmoet vir Karien (wat terug is van oorsee af) en sit haar op die paal.

Jan Hendrik (terug van die Maldives af nadat hy amper deur 'n haai gevang is) maak vrede met die feit dat hy eintlik skeef is. Sy droom om 'n vrou te word, word bewaarheid en hy ondergaan 'n sex-change. Vandag staan hy bekend as Janine Terblanch.

Tiaan suip een aand te veel by Cherry On Top en slaap met sy eie broer en suster. Sommer so dieselfde aand. Hy hang homself want hy kon nie die wêreld meer in die oë staar na die onplesierige insident nie.

'Let's Fix It' gryp in en bou Maria se huis op Kwa Kwa klaar, want die fok weet, die arme vrou spaar al amper 5 jaar om die sinkplaat op die vier mure te kry. Siende dat dit die nuwe Suid-Afrika is , werk Hilda nou as haar skoonmaker. Maria is kort daarna in hegtenis geneem omdat sy vir Danni aan die brand gesteek het in 'n oomblik van 'n Xenophobia aanval.

Emma staan uit dood uit op - in tipiese Days of our lives / Rich Man Poor Man style. Sy begin alweer kabouters te sien en vra een van hulle uit op 'n date, siende dat geen ander ou in Hillside met 'n stok aan haar wil raak nie. Sy was ook maar nie self baie lank lewendig nie, want siende dat almal hulle gatte afgevee het aan Global Warming (ten spyte van al Oorle-Oubaas se vermanings) het 'n Tsunami uit die Brakpan-meer uit Hillside getref en die hele plek platgevee.

Errol is die enigste oorlewende, en fok Rondomskrik toe om by Moekie te gaan aanklop vir hulp. Hy adverteer homself op Gumtree en hoop Brad Pitt & Angelina Jolie sien die advertensie en neem hom so spoedig as moontlik aan.


~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*~*

Tot die volgende episode. . . .



Monday, June 1, 2009

Bitter-sweet with SAA

My first flight ever:

My dad bought me a ticket to fly back from the (then) H.F. Verwoerd airport in Port Elizabeth to the army base in Upington, because I only had seven days to spend with my loved ones after my excruciating three month basic training. And since it took a total of three of those precious days to hitch-hike home less than a week earlier.

Despite the fact that it was so hard to say goodbye, I was really looking forward to my first ever experience on an aircraft and I was ecstatic to notice that we were scheduled for a stop-over at D.F. Malan airport, Cape Town. (Anything to prolong the much anticipated first flight-experience).

We boarded the impeccable SAA Boeing 737, and I proudly strapped into my window-seat, just behind the starboard wing. Tried to look as if this was something that I do every day. My heart beating in my chest with real anticipation for what was about to happen.

Push-back, startup, taxi. And then, still quite apprehensive, the amazing feeling of the sheer power during the take-off roll. The sensation of three-dimensional movement when the nose-wheel separated from the tarmac and then, total freedom... with the runway and Mother Earth quickly falling away beneath us. I soon relaxed, my nose stuck to the little oval window; I did not want to miss a thing.

Enroute to Cape Town, I relaxed. Impressed by the professional service of the cabin-crew, I ordered a beer, because that's all you can afford when you're an army-boy.

As we descended towards the mountains to the West of Cape Town, I fastened my seat-belt a notch tighter, because it seemed as if the wing was within metres of touching the rocky surface of the ominous looking mountains surrounding the Mother-city.

Final approach. I tightly held onto the arm-rest and braced myself for touch-down. A brief screeching sound as rubber kissed asphalt. The nose-wheel dropped.

And then: D I S A S T E R … (All caps…)

A terrible sensation of noise and brakes and confusion and I'm hanging in my safety belt for dear life as the unthinkable happened. A massive part of the engine right next to me came off. Right off! I may have uttered a typical infantry term of shock, because in my minds' eye, the end was here.

But, our speed continued to drop. And the noise died down. And then, wonder by wonder, the dislocated part of the engine picked itself up and re-assembled itself into its former position directly to the rear of the giant Rolls Royce engine.

I sighed a sigh of relief, looked around whether anyone was laughing at me...

Only afterwards I was told that this was just a normal part of the aircraft reverse thrusters which was intended to bring the gentle giant to a halt. A section of the engine casing moves backwards over the exhaust part of the motor, which enables the aircraft to stop quicker.

I will never forget that day. I've never lost my love for aviation. Since that very first flight, I always had this deep-rooted urge to fly. And my dream came true 20 years later when I finally completed my Private Pilot License. In a little Cessna of which the engine remains in one piece after landing...

Thanks SAA for these lovely memories and for your contribution to making one of my biggest dreams ever come true!!

Until the next flight…

Sunday, May 31, 2009

So, maak Mens…

Gesels ek nou die dag met my groot Sharks-neef-L daar uit KZN se wêreld en ek gee hom my blog-adres. Hy is toe nie van hier nie, en stel voor dat ek bietjie skrywe oor die goeie ou dae van Springbok-radio. En daar sit my gedagtes natuurlik weer heeltemal op hol na tye wat voel soos ligjare in die verre verskiet van die verlede in.

Sien, Ma-E het noot gewerk nadat sy en Pa-G getroud is nie. Vrouens se geroepe plig was om die huis skoon te hou, kinders groot te maak en kos te kook. En dit was goed en reg vir daai dae. Ma-E het haar uitstekend van haar taak gekwyt. Want wanneer ek en Suster-T van die skool af kom, was daar net tyd vir skoolklere uittrek, iets eet, en dan was dit tyd vir ons skoolwerk. Tot alles klaar was en dit tyd was vir Pa-G om van die werk af te kom.

Daar was in daai dae ook nog nie so baie buitemuurse aktiwiteite nie, en ek was maar mos nooit regtig ‘n groot sport-man nie, so ek het my middae tuis voor die boeke deurgebring. SKOOL-boeke. (En darem die odd stout-boek of twee wat iewers tussen my bed se matras en springe weggesteek is.) Maar dis nou nie ‘n tipe literatuur waaroor mens blog nie. Mens weet nooit wanneer Ma-E dalk so op haar oudag rekenaar-gekletter raak en sy dalk my blog lees nie. Want dan gaan my gat brand, al is dit in die orde van 35 jare gelede waarvan ek nou praat.

Anyhow, met skoolvakansies was dit ‘n heel ander storie. Letterlik. Want dan was ons toegelaat om smiddae so van net voor drie af Springbok-radio te luister.

Ek kan nou nie meer die stories se name en gepaardgaande tye so mooi onthou nie, maar ek dink so in die orde van kwart voor drie was daar ‘n storie tot kwart oor drie, dan van kwart oor drie tot kwart voor vier, en die laaste ene van kwart voor vier tot vier-uur toe.

Sharks-neef-L noem “Die Geheim van Nantes“, en dit lui groot klokke. Ander name wat ek uit die vergete kan onthou is “Die Volmaakte Uur”, “Die Wild-temmer”, “Uit die Skatkis van ons Skrywers”, “Wolwedans in die Skemer” en “Die Vrou van Shangetti”. En ek, Suster-T en Ma-E het voor die radio vasgenael gesit en stories geluister. G’n ding soos buite gaan speel nie, want Ma-E het begryp dat skoolvakansies en Springbok-radio-stories hand-aan-hand gaan.

En na afloop van die stories, wanneer Pa-G se klomp klokke vier-uur slaan, dan was dit tyd vir Esmé Euvrard and Jan Cronje se radio-rubriek, “So, maak Mens“. En die inleiding was middag na middag, elke dag, iets as volg:

“Dis nou presies vier-uur op Springbok-Radio en tyd vir ... So, maak Mens. Ja, hier is die twee ou radio-vriende weer met inligting, musiek, ‘n resep, en sommer van alles en nog wat. So, maak Mens.“

En dan het Esmé en haar man, Jan, voortgegaan met hulle program (wat ek dink net vyftien minute lank geduur het.) En elke middag, tydens die verloop van die progam het hulle ‘n resep met die luisteraars gedeel. Wat ek nooit sal vergeet nie, is dat elke (en ek bedoel ELKE) reël van die resep herhaal is sodat luisteraars dit maklik kon neerskrywe. (Daai dae was daar natuurlik nog ’n Internet waar mens sommer gou die resep kon gaan aflaai en print nie.) So die verloop van die resep was dus iets as volg:

Esmé: “Vandag gaan ons Mev. Soekie de Swardt van Sasolburg se heerlike handtertjies maak. Ons hoop julle het die skryfgoed gereed, want hier gaan ons. So, maak Mens.“

Esmé: “Bestanddele: “
Jan: “Bestanddele: “

Esmé: “1 koppe meel“
Jan: “1 koppie meel“

Esmé: “1 pond botter“
Jan: “1 pond botter“

Esmé: “1 koppie suiker“
Jan: “1 koppie suiker“

Esmé: “1 blik kondensmelk“
Jan: “1 blik kondensmelk“

Esmé: “1 knippie sout“
Jan: “1 knippie sout. “

Jan: “So maak mens: “
Esmé: “So maak mens: “

Esmé: “Room die botter, meel en suiker saam“
Jan: “Room die botter, meel en suiker saam“

Esmé: “Voeg die blik kondensmelk by“
Jan: “Voeg die blik kondensmelk by“

Esmé: “Klits die eier tot romerig“
Jan: “Klits die eier tot romerig“

Esmé: “Vou geklitste eier by die meel-mengsel“
Jan: “Vou geklitste eier by die meel-mengsel“

Esmé: “Bak in gesmeerde bak teen 108 grade tot goud-bruin“
Jan: “Bak in gesmeerde bak teen 108 grade tot goud-bruin“

En so het dit middag na middag aangegaan. Ek het altyd gewens dat Jan eendag in ‘n swartgallige bui moet wees en iets aan die resep sou verander. Soos:

Esmé: “Vou geklitste eier by die meel-mengsel“"
Jan: “Bliksem die geklitste eier in by die meel-mengsel en skop die hond onder sy gat as hy onder jou voete is.“

Maar dit het nooit gebeur nie. Esmé en Jan was helemal te ordentlik.

Heeltemal te vinnig was die radio-tyd om, dit was kwart-oor vier en dan moes ons kinders buite gaan speel totdat dit tyd was vir Pa-G om huistoe kom.

En nog vinniger was dit die einde van die skoolvakansie en was daar nie meer die luxury van Springbok radio se soapies en "So, maak Mens" nie. Ons het daai eerste week na die vakansies gehaat! Want Ma-E het haar werk so beplan dat sy steeds haar radio-soapies kon luister, maar ons moes kamer toe gaan om te gaan leer. En ek om oor my stout boeke te gaan kwyl. Sonder Ma-E se medewete natuurlik.

Dit was goeie ou dae daardie. Daar was nie issues nie en die stress van die lewe van ’n volwassene was nog nie deel van ons bestaan nie.

Die Springbok-radio stories, Esmé en Jan se „So Maak Mens“ en al die ander lekkerte van kindwees het agterweë geraak toe Springbok radio toentertyd (ek dink in 1985) van die lug af is.

En ons het grootgeword. TV het die plek van die radio kom ingeneem en die dae van kind-wees is vir altyd verby. M-Net se Egoli en SABC-2 se Sewende-laan het Die Geheim van Nantes en die Wild-temmer ingeneem en die lewe kan nooit weer dieselfde wees nie.

Dit was lekker dae daai!

Tot volgende keer...

Thursday, May 21, 2009

Ekke die Sport-man

Ek's nie 'n groot sport-fan wat naweek na naweek voor die TV kan sit en couch-potato speel nie. Tensy dit natuurlik 'n Absa Currybeker eindstryd is wanneer die Blou-bulle die Sharks, Stormers of die Cheetas tot in die grond in vermorsel. Of as iemand my nooi vir 'n lekker potjie of braai en rugby ingesluit moet wees by die kuier. Maar ek gaan vir die kuier en nie vir die sport nie. En ek kyk maar saam en probeer my bes om die regte geluide op die regte tye vir die regte span te maak.

Anyhow, so raak ek die afgelope week of twee bewus van 'n groot opgewondenheid onder sommige van my vrinde wat skielik na afloop van hulle laat-middle-age begin het om ernstige bikers te word. Dis net biker-baadjies met badges en spotlights en trailers en rallies. Hulle praat van cages en handbrieke en niemand weet wat nog alles nie. En hoe kleiner hulle totties krimp weens die ouderdom, so word die bikes in proporsie groter. Ek gaan nie Vriend-C (Aka Biker-dinge) se naam spesifiek noem nie, want ek wil hom nie graag affronteer nie. Maar hy sal weet ek praat van hom. En van ander Vriende Abe en Peet en Dewald en talle ander.

So lees ek tussen die lyne deur dat daar by ons eie Suid-Afrikaanse Kayalami in Midrand een of ander verwoede super-bike wedren gaan plaasvind gedurende die naweek van 15-17 Mei. En die bikers raak soos weeskinders wat ’n gemufte sny brood onder die bed opgetel het van puur opgewondenheid. Daar word verlof ingesit vir die oefen-rondtes op die Vrydag, Saterdag word opgeoffer vir die tydrenne en Sondag gaan almal vasgenael sit voor die kassie, want hulle kan seker nie die kaartjies se astronomiese kostes bywerk nie. Middle-age beteken mens het ’n bike, nie noodwendig geld nie.

Ek ek besluit dat dit nou tyd is dat ek ook deel word van die groot Bike Hype. En toe die TV-lounge se klok Sondag-middag 12 slaan, is ek gereed in my kamer, pens en pootjies onder die duvet en die TV is aan met die volume lekker hoog. En die wedren begin.

En die manne jaag. Om en om, 'n volle 24 rondtes lank. En ek cheer vir die ouens in die eerste en tweede plekke, en skaam my vir die Suid-Afrikaners wat hier in die agterste gestoeltes aankruie. Amper soos 'n Suzuki V-Strom 1000 om die Oos-Transvaalse 19 km se draaie. En besluit dat wanneer die middel-age my eendag beedpak, ek vir my 'n Katana 1000CC superbike gaan koop, want hulle wen toe sommer so lag-lag beide die eerste en tweede posisies. (Ek kan nou nie mooi onthou of dit 'n Katana of Dukati is nie - ek weet net daar is 'n kat daar iewers in - so kom ons settle maar vir eersgenoemde). En toe hulle verby die swart-en-wit wen-vlag ry, toe spring hulle spanlede op en af en omhels en soen en hê amper seks met mekaar daar in die openbaar van pure blydskap. En ek juig saam met hulle daar onder my duvet. Sonder die amper seks gedeelte natuurlik. Want dis immers Sondag en my my ma het my geleer dat mens jou op 'n Sondag stemmig moet gedra.

En toe kom die goeie nuus:

Dit was maar net wedren een! Wedren twee gebeur later die middag. En ek WEET dat ek daai ene vir geen geld in die wêreld gaan mis nie. Want as daar nou een nuut-gevonde super-bike wedren entoesias is, is dit ekke daai.

Sien, die jaers voel nou al soos familie wat ek gereeld sien en baie goed ken. Veral die Japsnees (kan nou nie meer sy naam onthou nie) wat gewen het. En ek voel hier diep uit my hart uit vir hom oor die ongeluk met die duiwe tydens die vorige wedren en is saam met hom bly oorlat sy posisie in die kampioenskap nou soveel verbeter het. En sit sommer so virtually al my spaargeld op hom vir die tweede race.

Natuurlik is daar toe nog eers ‘n ander resies voor die groot manne se tweede wedren. 600CC masjiene, en ek knip maar so hier en daar ‘n vinnige uiltjie onder my duvet, want my favourites is mos die GROOT masjiene. Meer spesifiek, die rooi Nasua Katanas. En hulle manne wat soos my eie bloed-familie geword het en wie ek sommer sal soengroet as ek hulle dalk eendag iewers sou raakloop.

Toe ek weer so ‘n slag knap na die 600CC wedren wakker-word, sien ek dat ek net mooi betyds is. Want die GROOT manne line op met net 5 minute om te gaan. En ek gaan was gou my gesig en sit regop en berei myself geestelik, fisies en emosioneel voor vir die wedren waarna ek al die afgelope 2 ure lê en uitsien, terwyl die manne se helpers hulle Wheely-Warmers afhaal. En ek dink daaraan dat my Jeep darem nie ’n Wheely-Warmer nodig het nie, maar met die Winter wat so vinnig op ons is, moet ek dalk in ’n Willy-Warmer belê. En ek wonder waar kan ’n man so iets te kope kry sonder dat die verkoopsdametjies te veel vrae vra oor grootes en kleure ensovoorts.

Anyhow, die groot manne spring daar weg. 24 Rondtes van pure adrenalien. En ek cheer en ek hou asem op en hou my oë net op die twee Katanas, wat bykans net so goed doen soos in die eerste wedren.

Met net nege rondtes oor, lui my selfoon, maar ek kan nie bekostig om enige van die aksie te mis nie, want die spanning loop nou ultra-hoog. Vriend-W van die Oos-Kaap moet maar ‘n boodskap los. Met die finale rondte kom die aksie tot ‘n hoogtepunt en ek kou my toon-naels af tot in hulle wortels. (Vingernaels het reeds in die slag gebly met wedren nommer een).

En Japsnees nommer 41 (of is dit nou 49?) met die rooi Katana kry sowaar weer die wen-vlag. Met my favourite nommer twee kort op sy hakke net soos met wedren nommer een. En ek lag en ek pik ’n ekstase-traantjie af en ek cheer en ek juig so op my eis daar onder my duvet.

En die kamera se hoek verskuif na die Katana-Nashua se spanlede se kant toe. Hulle spring op en af en omhels en soen en hê amper seks met mekaar daar in die openbaar van pure blydskap. Net soos na die eerste wedren. Om meer korrek te wees, PRESIES soos na die eerste wedren. Soos perfek ingeoefende choreografie, alles op presies dieselfde oomblik: Die omhelse, die spronge, die lag, die amper-seks.

En ek ruik lont. Want ek ken poef en ek ken modder, en hierdie is g'n stuk modder nie. En daar strike dit my: Ek het sopas wedren EEN se re-play gesit en kyk, sonder om dit agter te kom tot na die einde…

En ek raak dood, doodstil…

Ek kan nie wag vir die volgende race nie. Ek dink dis iewers in Amerika. In Salt Lake City. Or twee weke...

Tot dan...