Wednesday, August 5, 2009

Goeie môre!

Ek hoop JY lees hierdie blog. Ja, JY wat saam met my werk! En lees asseblief die volgende vrywaring (‘disclaimer’ as jy dalk nie basiese Afrikaans 101 kon slaag nie):

Hierdie blog is totale fiksie. Enige plekke, persone or situasies is die resultaat van die skrywer se ooraktiewe en mega-sensitiewe breinselle.

Ek het nog altyd ‘n kleintjie dood aan blatante slegte maniere. My ma het my van kindsbeen af geleer dat mens ander mense groet, en dat vriendelikheid niks kos nie. Maar dit wil vir my voorkom asof die oorgrote meerderheid van mense?? wat saam met my werk (lees weer eens die disclaimer,) te goed of the slim of te hoog of te geleerd is om hulle enigsins te steur aan die mees basiese aspek van goeie maniere, en dit is om ‘n mens te groet.

Ek verwag geensins dat jy my om die hals moet val en elke oggend ‘n oop-bek Franse kus hoef te gee nie. Inteendeel. Jy hoef ook nie my hand te skud of my agter die blad te klap nie, ek hou net so min van fisiese kontak met jou soos wat jy dit verpes. Al wat jou aansien in my oë van minus 100 persent tot in die lae groen gaan lig, is net as jy ten minste jou bek sal oopmaak vir my goeie môre se wanneer jy in die kantoor inkom en ek alreeds hier is.

Kom ons kyk gou na die gewone, sosiaal aanvaarbare protokol:

Tradisioneel, anderskleurige mense sal normaalweg nie ‘n voorheen bevoorregte persoon eerste groet nie; dit was in daardie dae ‘n wyse van repek en die vertoon van onderdanigheid. Ek het geen probleem daarmee nie, ek verstaan dit en respekteer daardie houding van jou, indien van toepassing. (Maar dis nie waaroor hierdie blog gaan nie – want JY aan wie ek skryf weet baie goed day JY nie in daardie kategorie val nie.)

Wanneer ‘n mens in ‘n kantoor of huis or area instap waar ander mense besig is, is dit die norm om (a) te klop, (b) te groet, en (c) om verskoning te vra as jy laat is. Dis jou plig en jou vertoon van goeie maniere en respek. Hoekom jy in die eerste plek laat is, is ‘n blog vir ‘n ander dag.

So: Wanneer jy soggens in ons oop-plan werksomgewing inkom, en ek (of ander) alreeds hier is, is jy in presies dieselfde situasie. JY betree iemand anders se spasie, en die onus is op JOU om wie-ook-al wat alreeds hier is, ten minste te groet. Nie anders-om nie. Indien jy dit nie kan of wil of sal doen nie, gaan ek jou verseker vir die res van die dag ignoreer. Jou moer ook. En ek dink verseker minder van jou as persoon as van die skoonmaker of die sekuriteits-wag wat ten minste die moeite doen om goeie maniere aan die dag te lê. Let wel, jy is nie beter as ander nie, al dink jy ooglopend so. Ek gee nie 'n donner om wat jy al in jou lewe bereik het of hoe great jy met wat ook al is nie, as jy nie maniere het nie, kan jy hel toe gaan. Met my komplimente en jou eenrigting kaartjie.

As die bogenoemde enigsins in teenstryd is met jou taal of kultuur or sosiale aansien of posisie, praat met my sodat ek ten minste kan verstaan en sodat ek my persepsie van die mees basiese aspek van saamwerk en samehorigheid in die werksomgewing kan verander.

Net weer die disclaimer:

Hierdie blog is totale fiksie. Enige plekke, persone or situasies is die resultaat van die skrywer se ooraktiewe en megasensitiewe breinselle.

Tot jy my weer môre ignoreer … en vice versa. . .

1 comment:

igno said...

rofl. ek ken ook sulke mense.